[aesop_chapter title=”Oor die boek” bgtype=”img” full=”off” bgcolor=”#888888″ minheight=”0″]
[aesop_character img=”http://lees.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/69/2016/02/NicoSimpson.jpg” name=”Nico Simpson” caption=”Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.” align=”right”]
[aesop_character img=”http://lees.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/69/2016/02/liseljoubert.jpg” name=”Lisel Joubert” caption=”Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskutpredikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktorsgraad in Ou Testament verwerf. Haar passie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradisie. Sy is betrokke by teologiese afstandsonderrig, veral in die dissipline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.” align=”left”]
Hierdie is ʼn boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God. Dit is die ideale hulpmiddel as jy hierdie seisoen in die kerkjaar ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Dit is gevul met kleur- en woordmomente van stop en bepeins.
Die woordmomente fokus op Lydenstyd en Pase. Die kleurmomente se sirkelpatrone nooi heling en groei in jou lewe in. Met hierdie kleurmeditasies oordink, bepeins en bid jy in volkleur. Die geloofsgedagtes herinner jou aan God, die bron van alle goedheid, wat mens geword en onder ons kom tent opslaan het. Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van gedagtes en emosies wat na bo kom en om dit te oordink.
[aesop_chapter title=”Inhoud” bgtype=”img” full=”off” bgcolor=”#888888″ minheight=”0″]
Margaret Miles skryf in haar boek The Word made flesh: A history of Christian thought dat die Woord vlees geword het sodat ons weer die vlees woord kan laat word, en dit op verskillende maniere. Ons vertel weer die storie van God, die Een wat skep en verlos en heelmaak, deur te praat, te skep, te sing en te bou. Deur woorde en kleur, elke keer vars, maar ook bekend.
Hierdie boek is gevul met kleur- en woordmomente van stop en bepeins, wat die groot verhaal van “God met ons” dieper deel van ons lewe wil maak. Die geloofs-ge-dagtes lei jou in na aspekte van geloof en die kleurmeditasies gee vir jou tyd om dit te oordink. Geniet die woordgedagtes en kleurmeditasies om te fokus, te hoor en te bid in volkleur.
Daar is geen regte of verkeerde manier om die boek te benader nie. Een manier sal wees om die meditasie te lees en daarna in te kleur terwyl jy toelaat dat woord en kleur met jou hart en gedagtes werk.
Met hierdie kleurmeditasies oordink, bepeins en bid jy in volkleur. Jy word genooi om te rus in die inkleursirkels, om bewus te raak van gedagtes en emosies wat na bo kom en om dit te oordink.
Baie van die gebedsprente in die boek is ’n simmetriese sirkelpatroon. Hierdie sirkel-patroon het ’n helende uitwerking op jou emosies. Die speelsheid en sagtheid van die in-kleur stimuleer ook die nieverbale kant van jou brein. Verder verminder die proses van inkleur stres en help jou om jou gedagtes wat wegkruip in gesprek te laat tree met dit waar-mee jy besig is. Die kerkvenster-geïnspireerde sketse se sirkelpatrone nooi orde, heling en afronding in jou lewe in. Dit wil jou verspreide gedagtes in ’n sinvolle geheel bymekaar-bring. Dit laat jou fokus, wegkom, nadink, loskom, nuut sien en skep in die teen-woordigheid van die Gees.
Ons stel voor jy maak jou oë toe en kies met jou nie-dominante hand vyf of ses kleure (kleurpotlode eerder as kokipenne wat sal deurslaan). Sit die kleure neer en neem elke keer met toe oë ’n kleur. Só is jy nie in beheer van die prent (deur by gunstelingkleure te bly) nie en is jy oop vir verrassings. Ander kleure, buiten jou gunstelinge, maak ander gevoelens wakker. Speel dus rond: Kies kleure of laat kleure jou kies. Begin op enige plek. Dit is ’n persoonlike ervaring. Gee jouself oor, dryf en baljaar en swem in die see van kleur. Dit is een van die lewe se grootste vreugdes. Verskillende kleure laat verskillende mense aan verskillende tye, dinge en gebeure dink. Kleur herinner ons dat God die bron is van alles wat mooi is.
Dié boek is ’n ideale hulpmiddel as jy hierdie seisoen in die kerkjaar ’n tyd van ver-nuwing wil maak. Dit help jou met die dissipline om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring.
Die geloofsgedagtes of meditasies in die boek fokus op Lydenstyd en Pase. Verskeie woorde, temas en simbole pas by hierdie momente in die kerkritme: losmaak en aflê; seer; dissipline; eerlik wees; terugkeer; jou ego en wie jy is; woede en hartseer; eensaamheid en verlatenheid; rou en weerstand; stilword en bewusword; misverstand en verkeerde ver-wag-tings. Die temas van Lydenstyd word in Paastyd gevolg met die kontrastemas van op-standing en hoop; vreugde; nuwe lewe; vreesloosheid; sintuie en persepsies; vrees en oorvloed.
’n Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd, liefdes-tyd saam met God.
— Lisel en Nico
[aesop_chapter title=”Dag 1 – Vry of Onvry?” bgtype=”img” full=”off” bgcolor=”#888888″ minheight=”0″]
[aesop_image img=”http://lees.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/69/2016/02/KleurmeditasiesLydenstydDAG1.jpg” align=”center” lightbox=”off” captionposition=”left”]
A
swoensdag is die begin van Lydenstyd in die meeste groot kerklike tradisies. Die weke wat oploop tot Goeie Vrydag word dan tradisioneel gesien as ’n tyd van op-gawe of opoffering om sodoende iets van Christus se lyding aan jou eie liggaam te ervaar. Lydenstyd het baie waarde; dié waarde lê in die bewuswording van jou afhanklikhede en hoe onvry jy werklik is. Eers wanneer jy kies om iets vir ongeveer 40 dae op te gee kom jy agter hoe geheg jy daaraan is. Die besef van afhanklikheid aan gewoontes, kos, drinkgoed, televisie – noem maar op – kan lei tot ’n groter verlange na afhanklikheid van God alleen.
Tog kan jy nie iets opgee as jy nie eers weet wat ten diepste jou lewe bepaal nie. Jy kan nie vry word as jy nie weet wat jou onvry maak nie. Dit vra selfkennis en die ondersoek van jou gewoontes wat onbewus jou manier van leef bepaal. Miskien is dit die ding waarsonder jy net nie jou dag kan indink nie.
[aesop_chapter title=”Kry Kleurmeditasies” bgtype=”img” full=”off” bgcolor=”#888888″ minheight=”0″]